Stefan & Mariette (Engagement Session)

‘n Uitstekende naweek op Stefan-hulle se plaas op Groot Marico. Die pragtigste plekkies in die bos en op die rivier-oewer wat hulle self opgerig het vir mense wat ‘n wegbreek nodig het. Die chalet wat ons in gebly het, het twee slaapkamers elk met sy eie badkamer, volle toegeruste kombuis en ‘n oopplan sitkamer. As jy die groot skuifdeur van die sitkamer ooptrek, wag die mooiste ongeskonde natuurskoonheid vir jou daar buite. ‘n Groot houtdek wat uitloop oor die rivier. Baie belangrik is die ingeboude braaier wat ook gereed staan buite op die dek. Ek sal die plek vir enige iemand aanraai wat ‘n wegbreek kans nodig het, ‘n stukkie hemel op aarde (en nee, ek is nie ‘n sales-rep vir Stefan-hulle nie). Dankie weereens aan julle twee, ek, Bonita en natuurlik klein Zivan het dit terdee geniet.

Share

Leave a comment