Mega City Mall

Tri-Star constructions, wat Mega City aanvanklik gebou het, het my gekontrakteur om vir hulle fotos te neem van die Mega City Mall in Mafikeng. Omdat hulle dag en nag fotos benodig het van die mall, het dit beteken dat ek bittervroeg Sondag oggend moes opstaan om reeds voor sonsopkoms in Mafikeng te wees. Gewapen met ‘n Canon 7D kamera, ‘n dik baaitjie en ‘n vles koffie kon ek darem die koue aanvat. Ek was ongeveer 25 jaar gelede laas by hierdie winkelsentrum en was ek nou aangenaam verras met hoe die plek nou lyk.
Share

Leave a comment